| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
In Omnibus 13 ontbloot Ena Murray telkens, soos net sý kan, hoe mense voorgee wat hulle nie is nie, maar ook hoe die ware liefde terselfdertyd alle skanse en verskuilde motiewe deurbreek.
Droster van Doringbaai
Die Droster van Doringbaai is ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en 'n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van 'n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn, net om deur gewetenlose mense gevang en saam met 'n kranksinnige vrou toegesluit te word.
Die despoot van Duiwelskloof
In Die despoot van Duiwelskloof ontvlug Marina Minnaar die ongelukkige verlede van haar skoonheid en roem as mannekyn deur haar as 'n vaal oujongnooi voor te doen en vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huishou. Michael is 'n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan 'n rolstoel, word Marina se bondgenoot en vertroueling. Die feit dat sy geensins kan kook nie, is maar een van haar geringste probleme wanneer die duiwels behoorlik op Duiwelskloof losgelaat word.
Waters van Siloa
Petra Prinsloo, in alles die mindere van haar beeldskone suster, Paula, gaan in Waters van Silóa tot aksie oor wanneer die ergste moontlike lot haar tref: die huwelik van haar suster met dokter Eugene Minnaar, die één man wat vir Petra alles beteken. Sy wend haar tot die eksklusiewe kliniek van dokter Klaus Wagner, 'n beroemde plastiese chirurg, met die opdrag: Maak my ook beeldskoon. Die verhaal word 'n weddenskap met die lewe self wanneer dokter Wagner weier om haar tjek te wissel voordat hy daarvan oortuig is dat Petra se nuut gevonde skoonheid haar ware geluk gebring het.
Vir Petra wag daar 'n paar duur lesse.
Vyf vir vreugde
In Vyf vir vreugde moet doktor Louwda Louw, kindersielkundige, tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend antwoord op 'n onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, 'n verbitterde prokureur. Maar nog 'n groter verrassing wag ná die troue op haar: hy het vyf onhebbelike kinders, elkeen net so 'n groot probleem soos hul pa. Hoe gaan hierdie vrou, wat al ewe sinies as haar man geraak het oor die lewe, haar jammerlike situasie in vreugde omskep?