This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by BargainLot3175

Similar products

Ena Murray Omnibus 6
Sold

Ena Murray Omnibus 6

Secondhand 1 was available
R50.00
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 5 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Product code
D0241
Bob Shop ID
648524938

Skrywer: Ena Murray

Formaat: Groot Sagteband

Toestand: Baie Goed

Met 'n wapen kan sy veg, maar . . . hoe veg 'n vrou teen die onverskilligheid van haar eie man?

Tonge van vuur

Leandra Colyn is Wesselville se tennisster en mevrou dominee...

Barry Krige is die aantreklike nuwe dokter en sal enigiets gee om die vonke uit haar blou oë te sien spat. Maar as jy met vuur speel, kan jy jou vingers- en veel meer - lelik verbrand.
Barry se waarskuwings waai soos tolbossies in 'n onstuitbare wind deur haar hart: "Dit help nie om van die waarheid te bly weghardloop nie, Leandra.
Op 'n dag haal dit jou in... Jy is vir jouself bang, nie vir my nie."

Waar kry jy 'n sterker wind as die een wat deur die tong aangeblaas word? Waar kry jy 'n vlam wat gulsiger lek as daardie een wat ontbrand wanneer jy jou eie swakhede in 'n ander ontdek?

Vir Leandra vernietig die tonge van vuur amper alles in haar lewe. Maar vuur verwoes nie net nie. Dit louter ook.

Die geheim van Hercule Cordier

"Ek is nie die soort man wat ooit iemand vergeet of vergewe wat met my lewe gespeel het nie. Eendag, mam'selle, sal ons mekaar weer op gelyke voet ontmoet. Jy sal betaal vir elke vernedering, vir elke sekonde van hel op hierdie skip."

Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie...

Wat 'n man kan doen, kan Zonika ook doen - selfs beter. Maar die dinge wat 'n man aan 'n vrou se hart kan doen... dis 'n storie van vernedering, haat en hartstog; een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit 'n obsessie om uit te vind wie en wat Hercule
Cordier is.

Op die D'Arcy-landgoed word vele verborge raaisels ontsluit - dié van Hercule Cordier se herkoms, en veral die hart van Zonika Pierre.

Waar die wilde besembos bloei

Vir Ursula Liesching is daar net een opsie: die silwerdoek en die wisselvallige geluk van 'n glanslewe as rolprentster, eerder as die sekuriteit van 'n huwelik met 'n beroemde chirurg. Net jammer sy gooi sonder gewetenswroeging haar agtjarige dogtertjie Melinda saam met haar pa weg op haar soektog na roem en sterstatus.

Dertien jaar later lê Melinda se pa op sterwe en sy besluit om haar ma op die Kanariese Eilande te gaan soek. Ursula is egter verloof aan die Spaanse markies Lorenzo la Blanca en wil van Jim skei. En haar bewonderaars mag nie weet dat sy 'n dogter het nie - dit sal haar beeld te veel skade aandoen.

Aan Melinda, gedryf deur haar liefde vir haar pa en bitter weerwraak, se troefkaarte steur die enigmatiese markies La Blanca hom min. Hy weet watter vrou hy na sy Villa del Rosa wil neem...

Customer ratings: 1 ratings

Please use the actual photos instead of stock photos. The condition is very different than what you've shown
02 Aug 2025