Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pay before 9am and courier will deliver same day in Jhb. Weekdays only.
You can combine orders to save on shipping.
EXCELLENT Condition
Omnibus 8 - Ena Murray
Drie verhale propvol intrige, avontuur en romanse.
Heerser van die Quinta Maria Santos, vasgeketting aan die Portugese tradisie van ’n vooraf beplande huwelik met Ivo Vidago, verloor haar hart tydens ’n vlietende fase van vryheid in Lourenço Marques. Maar sodra haar oom en voog, die trotse duque Zarco de Bianchi, daarvan te hore kom, moet Maria dadelik terug na Madeira. Alta Thyssen, jong weduwee en radio-omroepster, besluit om Maria na Madeira te vergesel en alles op te offer om die twee verliefdes se geluk te verseker. Dis immers sy wat hulle aan mekaar voorgestel het . . . Min kon sy droom dat die offer vir Maria se liefde amper sou beteken dat sy haar eie hart op die altaar moes lê. Want Ivo het ook sy eie verskuilde agenda . . . En die vlamme wat tussen Alta en die heerser van die Quinta spat, laat skiet soms die vreemdste vuurwerk op die eiland uit. Wat vir haar ’n tussenspel moes wees, raak ’n volwaardige simfonie . . .
Oos na die son Pauli behoort al daaraan gewoond te wees dat sy net ’n skaduwee in professor Louw Hattingh se huis is, en tog . . . Daar is sekere dinge in die lewe waaraan ’n vrou nooit gewoond kan raak nie. Soos dat die liefdeshonger doktor Zelia Meyer en Ananalola, die sensuele Polinesiese danseres met winkende hande, snags in haar man se tent gesien word. Gelukkig is die enigmatiese dokter Inaki en die simpatieke professor Islinger ook daar . . . Op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland word meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . .
Merk van die skarabee Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, word in Kaïro ontvoer deur ’n fanatiese kultusgroep. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige Hoessein Abd-el-Rahman ongevraag op om hulle uit nog ’n penarie te red. Marcelle se hart hunker na hierdie enigmatiese Oosterling, maar haar verstand waarsku haar. Daar is net te veel teenstrydighede . . .
RETURNS
We understand that not every purchase is a good fit for every customer. That is why we make the return process as simple as possible.
We strive for 100% customer satisfaction, please contact us first with any questions, comments or concerns and we will be glad to work with you.
Image is for illustrative purpose only and might differ from actual. Shown.