R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Ena Murray - Onibus 16 - Jasmyn - 2007 - 511pp - Sagteband: toon bebruik en ligte verweer, maar steeds 'n goeie leeskopie.
Posgeld en verpakking R28.00
- Onrus op Oshakati - Regters oor gister - Weerklank van die liefde
Drie liefdesverhale wat oorloop met intrige, suspensie en romanse waarin die verlede kom spook en die toekoms beinvloed.
In Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang. Maar onbewustelik ry sy 'n intrige binne wat lewensgevaar inhou. Want by die Ovambo-sendinghospitaal spat die vonke van die staanspoor tussen haar en die verbitterde dr. Louw Hoffman. Die vraag is: kan sy op Louw Hoffman vertrou?
In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller ook in – 'n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is. Twintig jaar gelede is daar 'n verkeerde besluit omtrent haar geneem, 'n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jong mense in die ban van 'n verbode liefde hou.
In Weerklank van die liefde wanneer 'n wildvreemde meisie per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – en sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik betrek by 'n tergende raaisel. Want die naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is 'n koerantberig oor 'n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het.