Erf - Ingrid Winterbach onder die skuilnaam Lettie Viljoen
1 was available / secondhand
R145.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Erf - Lettie Viljoen (Skuilnaam van Ingrid Winterbach) - Taurus -1986 - EERSTE UITGAWE, EERSTE DRUK - Sagteband: oud-biblioteekboek in baie goeie toestand.
Posgeld en verpakking R28.00
In 1986 word Erf – weer by Taurus en weer onder die skuilnaam Lettie Viljoen – uitgegee. Hierdie teks vertel die verhaal van ’n vrou, Bets, wat sonder man en met ’n kind ’n lewenspatroon probeer vestig êrens naby die Peninsula en haar wisselwerking met Loewie, wat in ’n gevlegte hut op haar erf woon. In haar bestaan is sy dus vrou-alleen en volgens H Zelig in Die Transvaler van 27 April 1987 weer eens óórbewus van haar seksuele afhanklikheid.
André P Brink toon in sy resensie in Rapport van 21 Desember 1986 aan dat Erf baie ooreenkomste toon met Klaaglied vir Koos. Volgens Brink handel die teks oor hoe die hoofkarakter, Bets, haar op haar erf inwoeker om te leer definieer aan die kontoere van haar identiteit. Die teks gaan ook oor dit wat sy van haar ouers, voorgeslagte, samelewing en vroeëre selwe erf.
Brink gaan voort: “Dit mag wees dat die verwikkelinge van die veelvuldige storie soms te kripties geskied, nie oral werklik ver genoeg uitgewerk word nie, daarom soms sketsmatig aandoen. Maar as geheel is Erf ’n teks vol uitdaging aan die ernstige leser. En vol winste: nie die minste nie, op die vlak van ’n skerp satiriese skildersoog, ’n soort ‘hardegattigheid’ wat met verruklik onverwagte vondste vorendag kom.