Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60s, 70s en 80s. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny nĂ¡ alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.
n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.