Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die muisgesin en hulle familie en vriende beleef allerhande avonture waarmee kinders graag identifiseer. Die stories help kinders om op kreatiewe wyse 'n uitlaatklep vir hulle emosies te vind, sodat hulle die lewe se uitdagings beter kan hanteer. Fênsie Muis het al vir honderde kinders 'n simbool van hoop in 'n stukkende wêreld geword. Saam met interessante karaktertjies soos Ouma en Oupa Muis, tannie Poeks, tannie Kruiemuis, die professor van Muississippi, Posduif, die vleimuise, Muisheks en Hillary en haar ses muisvarkies leer kinders ook oor aktuele onderwerpe soos natuurrampe en besoedeling.