Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tweedehands
Sien Fotos nog steeds billike leesbare toestand
FAK-Sangbundel Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge
Vierde Uitgawe van die Eerste Druk 1966
Die verskyning van die FAK-Volksangbundel in 1937 was n gebeurtenis van soveel verrykende betekenis in die musiek- en kultuurlewe van die Afrikaner dat die wyd uitkringende invloed daarvan nie maklik bepaal sal kan word nie. Goeie ware het nie n reklame nodig nie en die verskillende hersiene en verbeterde uitgawes van die bundel is deur die volk aan die hart getroetel. n Mens kan met die grootste stelligheid beweer dat hierdie heerlike skat van liedere deur dekades heen die Afrikaner se Liedereboek der boeke geword het. Die hoop wat die redaksie by die verskyning van die eerste bundel uitgespreek het, naamlik dat daar oor die algemeen veel meer en met n opgewekter sanglus gesing sal word, is sonder twyfel in oorskuimende mate verwesenlik.
Aan hierdie hersiene, verbeterde en verrykte uitgawe word n besondere bykomende dimensie verleen deurdat die verskyning daarvan saamval met die feesjaar van die FAK, die jaar waarin daar oral in die land vreugdefeeste rondom die vyftigjarige bestaan van die FAK gehou word. Waar die FAK nou besluit het om die bundel self uit te gee, word opregte dank en waardering uitgespreek teenoor Tafelberg Uitgewers vir die voortreflike diens wat hulle steeds gelewer het.
Namens die FAK ons opregte dank aan die ywerige voorsitter van die Musiekkomitee, prof. Anton Hartman, en sy begaafde komiteelede wat hulle met volledige oorgawe en kenmerkende vreugde en geesdrif aan die voorbereiding van n grootse en omvangryke werk gewy het. Sang is die wêreldtaal en Martin Luther wat musiek as een van die skoonste en heerlikste gawes van God beskou het, het hom veral in sang verlustig. Hy het by geleentheid selfs gesê dat hy geen hoë dunk het van n onderwyser wat nie kan sing nie.
Gedagtig aan die Egiptiese spreekwoord dat n vrou wat nie sing nie, ook nie veel arbeid verrig nie, wil ons die hoop uitspreek dat hierdie bundel wat in die feesjaar van die FAK verskyn, ons volk nog verder sal besiel om meer gereeld en met groter geesdrif te sing. Mag hierdie bundel n warme en intieme plek in die musiekbeoefening in ons land inneem
See our collection here
https://www.bobshop.co.za/seller/3088007/Vix_collections