R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die stamvader van die Malan-familie in Suid-Afrika is die Franse Hugenoot Jacques Malan, wat in 1688 as jongman voet aan wal gesit het. Hierdie geslagsregister bevat talle interessante besonderhede oor die Malans deur die eeue, geboorte- en sterfdatums, familieplase, familiewapen, asook geskiedkundige kaarte en foto's. Daar word meer spesifiek ingegaan op die stamboom van Daniel Malan (gebore 1799, oorlede 1881), wat agt seuns en vyf dogters gehad het. In die boek is ook drie los pamflette; die eerste is 'n kort oorsig oor die lewe van dr. DF Malan, vierde Premier van die Unie van Suid-Afrika; die tweede is 'n toespraak by die jaarvergadering van die Hugenotevereniging, 2002; en die derde is 'n program van die Malan-saamtrek van Mei, 2001.
In 1971 uitgegee deur Jacques Malan, Pretoria, in 'n genommerde oplaag van 300. Hierdie eksemplaar is boek nr 67. Hardeband, A4-landskapformaat. Oorgetrek met kunsleer. 96 pp. Toestand: Goed. Paar bruin merke en blaaie effens vergeel.