Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Condition: VeryGood No inscriptions. Tightly bound.
Size:Medium
Op 34 is Kaptein Mat Joubert oorgewig en hy rook en drink te veel. So sê Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder, pas terug uit exile. Mat is moeg gelewe. Lara is twee jaar dood. Soms wil hy die donker bek van die Z88 teen sy lippe druk.
Daar is nog één kans vir die óu Joubert om weer uit die as van die verlede op te staan. Maar maklik gaan dit nie wees nie - nie tussen al die vals leidrade en De Wit se onmoontlike eise nie.
Mat moet 'n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, elke keer in 'n ander mondering. En in tandem daarmee: die bloedspoor van 'n laksman wat prooi vir prooi afmaai. Sonder patroon, en met 'n monsteragtige vuurwapen. Soos weerlig wat ver óf naby tref. En dalk té naby? Mat is ook maar mens.
Nogtans: hy moet die Mauser-moordenaar keer voor hy wie weet waar volgende toeslaan.