Flora se Geheime Taal: Stories oor Suider-Afrikaanse Plante
New
1 was available
Indicative market price:
R290.00
R285.00
2% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die eerste is ʼn skeepsreis vanaf die Kaap na Europa waar ons plante ʼn beroering veroorsaak het. Daarna vanaf die Kaap die binneland in op soek na die simboliese betekenisse agter die botaniese name, sowel as die volksname van inheemse plante. Die plantjagters aan die Kaap, die besonderse rol wat vroue in Suid-Afrikaanse plantkunde gespeel het en die geskiedenis van ons veldblomskoue word beskryf.
Op dié reis word daar gesoek na die betekenis van Suider-Afrikaanse plante vir begrafnisgangers, voornemende vryers sowel as mense wat ekstra geluk benodig en in bygelowe glo. Die fokus is veral op die rol wat plant-tradisies speel in die oordra van inheemse kennis en hoe mites, oorgangsgebruike en volksgelowe ʼn belangrike bydrae kan lewer. Die voorkoms van plantsimboliek in visuele kuns, Afrikaanse letterkunde en -musiek word beskryf aan die hand van enkele kunstenaars se liefde vir die landelike en die aardse. Die proses van simboliek skep word beskryf en Strandveldse "plante met persoonlikheid" word ingespan om te verduidelik hoe menslike eienskappe aan plante toegedig word.
Janet Snyman, ʼn botaniese kunstenaar, het met haar omsigtige interpretasie die simboliek verhelder en deur haar besonderse aanvoeling vir detail het sy in haar illustrasies aan delikate plante "lewe gegee".