Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Sagte band boek, A5 grootte. Inhoud 56 bladsye. Bevat stories oor hoe kostelik mense se byname ontstaan het. Die boek is propvol humor. Sien gerus 'n uittreksel uit die boek:
Boesak na Frans
My Pa se suster kon nie haar Boeta se naam reg uitspreek nie, sy was nog klein. In plaas van Boeta, het sy gesê: Boesak. En toe bly hy Boesak, tot op n punt. Want toe maak hy dat hy n ander bynaam kry. Ek verduidelik:
Daar was op Springbok radio n paar dekades gelede n radio storie van n skollie-agtige karakter. Die storie was getiteld: Verbode liefde. Hierdie skollie was vol sê-goed, maniertjies en baie dramaties. En Boesak het hom nagemaak en hy was baie animated. Boesak het sy kreatiwiteit gebruik en nuwe kort toneelstukke oor hierdie skollie karakter opgevoer. Hy het menige maal sy familie en vriende vermaak deur hierdie karakter na te maak, soveel so dat hul hom die bynaam gegee het van die radio karakter, Frans (De Wet).
Grassie
Hy is tans n volwasse man en taamlik kort van postuur. Dit verklaar seker die ie in sy bynaam. Nou vanwaar gras?. Sy Ma was hoogswanger met hom en n entjie te wyd van die huis af, toe sy in kraam gaan. Syt gebeur huiswaarts, maar die kraam was in volle swang. Buite die huis op die grasperk, toe dwing kraam-se-kind vir mamma plat op die gras, en hy is toe op die grasperk gebore.