Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dit moet joernalis, Xanthe Tredoux, gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. | |
Dis eers toe Xanthe in Paradyskloof aankom dat sy besef sy het hier met ’n heel ander werklikheid te doen. Die hele opset met sy meer, kasteelagtige herehuis, tematuine en labirint is surreëel. Die mense wat sy ontmoet, is net so vreemd as die omgewing. Die grootste skok is egter dat Eva van Eden, die vrou wat sy as bedrieër moet ontmasker, allermins so lyk. |