R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Rooi Luiperd - Francois Bloemhof - Human & Rousseau - 2008, eerste uitgawe - 197pp - Sagrteband soos nuut.
Francois Bloemhof is moontlik een van die beste en mees produktiewe skrywers in Afrikaans.
Ja, François Bloemhof bring nog Å meesterstuk na die Afrikaanse literêre toneel, en terselfdertyd Å huldeblyk aan die skrywer van die James Bond-reeks, Ian Fleming. Om dié rede is die boek geskryf om ooreen te stem met die 100ste verjaarsdag van Ian Fleming.
François Bloemhof poog in die boek om Å Afrikaanse James Bond te skep, met ietwat meer spanning en intrige as die oorspronklike James Bond-boeke. En hy kry dit beslis reg!
Die geheime agent, Die Rooi Luiperd, is dood. Hy was deel van die Groot Vyf, die top agente in Die Fabriek - Suid-Afrika se eie CIA. Die Fabriek kies dus twee van die bestes en gee hulle opdrag om die raaisel van die Rooi Luiperd op te los. Die een wat eerste die saak oplos, is die nuwe Rooi Luiperd.
So moet Ngwenya en Steyn kompeteer vir die topposisie, en hulle vriendskap word tot die uiterste getoets.
Alles dra by tot Å spannende boek met Å verrassende klimaks. En, alhoewel die dialoog in sekere dele effens geforseerd voel, beveel ek die boek beslis aan vir aanhangers van François Bloemhof.