Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie goed
Dis somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het.
Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provençaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar 'interessante', aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vlieë in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Haar boek met kort sketse gaan eintlik oor die vrese en vreugdes van bestaan: oor Franse mans se waardering vir ouer vroue en vroue se vrees vir muise. Oor 'n Afrikaanse vriendin in Frankryk en skuldgevoelens oor die skade aan die omgewing. En oor hoe sy in te midde van tipies Europese Kersvieringe meteens oorweldig word deur 'n verskriklike verlange na die sweterige 'kamma-Kersfeeste' van haar kinderdae.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.