Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos die van 'n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van 'n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op 'n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur 'n barbaarse stam oorweldig, word hy aan 'n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte 'groen hel' van die Amasone dieper binne. Dit is 'n gebied waar giftige moerasse in die hitte le en broei, en waar 'n duisend gevare le en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al die ontberings na kinderspeletjies lyk.

Title: Fritz Deelman en die Groen Dood
Sub Title:
Author: Leon Rousseau
Publisher:
Year:
Number of pages:
ISBN:
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.