Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Fritz Deelman en die Swart Eiland - Leon Rousseau - Human & Rousseau - 2004 - Sagteband in mooi toestand, een boodskap, verder skoon.
Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in 'n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerste onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van 'n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar ... In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, brind die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland.