Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Fritz Deelman en die Woestynrowers by Leon Rousseau
Leon Rousseau, medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959, was maar 20 jaar oud toe hy in 1956 die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks geskryf het. Die reeks was onmiddellik ’n groot sukses by jonk en oud en is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee.
Nou, 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het.
In hierdie derde titel: Fritz Deelman en die Woestynrowers moet luitenant Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie die gevreesde Rooi Sjeik aankeer. Die Rooi Sjeik is ’n booswig wat in die Arrakbrosse, ’n ongetemde streek in die Sahara-woesyn, verwoesting en dood saai in sy fanatiese soeke na een van die grootste skatte ooit. Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.