
Gauteng-aleng-aleng Deel 2
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die G.A.T.T. Departement, die Gautengse Departement van Tenders en Toetse, word bestuur deur Frans Roos. Sy department is verskuif van die elfde vloer na die kelder, die personeel is van 33 na 3 verminder en hy rapporteer direk aan Me. Mammabolo, die “chair woman” van die raad.
Die ander personeel bestaan uit Lulu Roux, die
ontvangsdame, Koos Koekemoer, die senior tegnikus, en Dickey Abrahams, junior tegnikus.
Koos se vrou, Bessie, is ‘n boetebessie en sy is gereeld daar om op Koos te “check”. Poena Pieterse is veronderstel om die department se bode te wees maar is byna voltyds besig om persoonlike takies vir Me. Mammabolo te verrig.
• Warm liefde en slegte spysvertering.
Lulu bedank Poena hartstogtelik vir die liefdesliedjie
wat hy aan haar opdra. Koos en Bessie kafoefel in die werkswinkel. Beide voorvalle is sigbaar op die
sekuriteitskameras en word aangemeld. Mev.Mammabolo het ‘n babalaas en die personeel sêles op weens voedselvergiftiging.
• Verlof vra, Vry en Verneuk.
Koos vra verlof vir ‘n familietroue en Frans Roos gee hom ‘n harde tyd daaroor. Poena en sy meisie Muggie vry die
duiwehok onderstebo en van haar pa se resiesduiwe kry seer terwyl ander ontsnap. Poena probeer, onsuksesvol, die situasie regstel met dakduiwe wat hy by die werk vang. Almal raak op hol wanneer Dickey vermoed dat sy meisie hom
verneuk en Mev. Mammabolo moet die vrede bewaar.
• Bestuur sonder rybewys en Poena in Disneyland.
Mev. Mammabolo word in hegtenis geneem wanneer sy haar ampsmotor sonder rybewys bestuur. Poena word aangewys om mev.Mammabolo te vergesel na Las Vegas op ‘n amptelike besoek.
• Twaalf uit tien.
Bessie gee ‘n bekende sanger ‘n boetekaartjie en hy trakteer haar om uit die situasie te kom. Koos gaan soek na Bessie en haak in die casino vas. Muggie probeer Poena se oorsese besoek kelder. Poena gaan na Lulu se woonstel om
brosjures te kyk. Hy speel vir haar kitaar en sy raak
so meegevoer dat sy hom 12 op ‘n skaal van 1 tot 10 gee.
• Bon Voyage.
Die gerug loop dat Poena en Lulu ‘n verhouding het. Lulu is baie hartseer oor Poena se weggaan. Koos en Dickey word in ‘n omhelsing betrap en Bessie moet gelawe word.
• “Where’s that Poena”. – Poena raak weg tydens die oorsese besoek en almal is bekommerd.Hy word egter in eersteklas teruggevlieg. Bessie en Koos speel hoender-hoender, Dickey verdrink sy sorge en Poena ontstel Lulu baie wanneer hy haar vertel van sy nuwe meisie, Mandy Moolman.