Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Medium hardeband
Goeie lees toestand
Dit was Eugène Marais wat sinies uitgeroep het dat daar 'n druppel gal in die soetste wyn is en dat Skoppensboer die laaste lag.
Maar twee mense se geluksbeker was só vol dat hulle salig onbewus van die skadukant was. Daardie twee mense was Annette en Anton. Hul huwelik was gekenmerk deur 'n idilliese wedersydse begrip en liefde.
En toe het die ramp vir Anton getref. Hy het geweet dat hy 'n aangenome seun was en diep in sy onderbewussyn het dit bly knaag dat hy moet weet wie sy ouers was.
Kort nadat hy as enigste erfgenaam van sy welvarende stiefouers agtergelaat is, het hy 'n verdere rede gevind om te probeer vasstel wie sy ouers was. Hy het naamlik nare drome begin kry, gevolg deur teisterende hoofpyne. Toe hy na 'n medikus gaan, wou laasgenoemde onder meer weet of daar nie kranksinnigheid in sy familie was nie. Daardie vraag kon Anton nie beantwoord nie... nie dadelik nie. Anton het toe nie lank geduur voordat hy vasgestel het dat sy eie vader wel kranksinnig was nie en dat hy, wat Anton is, ook in die nie te verre toekoms nie 'n gevaar vir Annette kon word.
Anton moes dus kies... kies tussen sy liefde vir Annette en haar veiligheid. En hy het gekies... Aan daardie keuse het hierdie verhaal van P. de Villiers sy naam ontleen.