| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Sakereus Stephen Winter staan op die kruin van sukses. Hy woon in 'n herehuis van R50 miljoen saam met sy beeldskone jonger vrou, en hy's 'n transaksie met die regering aan 't onderhandel wat uiteindelik sy verterende ambisie sal volbring - 'n persoonlike netto waarde van een biljoen rand.
Maar dalk is dit een transaksie te ver. Sy obsessiewe najaag van rykdom lei horn nou na 'n onderwereld van korrupsie en politieke binnegevegte; magtige en wraak-gierige vyande begin hulle teen hom monster, en hul spelreels is nie die van die sakewereld nie.
En Winter is nie wie mense dink hy is nie. Sy verlede is die fabrikasie van sy bedrog net soos sy huidige self die maaksel van sy wil is. Maar onder dit alles klop daar 'n hart van vlees en bewing, wat hy nie kan bly vermy nie.