Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Nuut - Generaal JCG Kemp en die epiese Woestyntog deur MCE van Schoor - 376 bls, 30 fotos, met een groot oopvou kaart. Gedurende die Rebellie van 1914-1915 vind een van die merkwaardigste episodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas. Genl. Jan Kemp en sy Rebellekommando van 600 man pak ‘n uitmergelende tog deur die Kalahari-woestyn aan om aansluiting te probeer vind by genl. Manie Maritz. Die tog, wat op 2 November 1914 begin het, sou haas onbeskryflike eise aan mens en dier stel. Siener van Rensburg speel ‘n prominente rol maar sy raad word nie altyd aanvaar nie, met nadelige gevolge. Na 700 km bereik die kommando op 29 November die Duitswes-Afrika-grens by Nakop. By Nous, Lutzputs en Upington raak die rebelle met die Regeringsmagte slaags. R180