Gerugte van Reën - André P. Brink (GETEKEN)
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Gerugte van Reën - André P. Brink
**GETEKEN DEUR BRINK**
In 'n land geteister deur droogte bly reën net 'n gerug maar as dit die slag kom, dan word dit 'n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel. Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van André P. Brink se voorstelling van Suid-Afrika op die rand van 'n afgrond. In die sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat 'n naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan te besin.
'n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek saamgetrek word. Met 'n netwerk van kruisverwysings word die vier dae van die roman voorgestel in terme van 'n viervoudige verlies, naamlik sy beste vriend ('n leidende Afrikaanse advokaat pas veroordeel as terroris), sy vader wie se historiese sintuig vir Martin onbegryplik bly, sy seun wat na die Angolese oorlog moeilik" geword het, en sy minnares wat hom voor 'n onmoontlike keuse stel.
In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit, word 'n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en 'n breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige vraag: "Wat is 'n Afrikaner?"
Ten slotte bly Martin alleen oor, gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy onvermoë om lief te hê - hetsy vader of moeder of land, eggenote, broer of seun, vriende of ander vroue.
