Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Geteken deur skrywer
2008. Sagteband, 192 bladsye. Goeie toestand. Netjies en skoon. Minder as 1kg.
Met sy debuutbundel, Vonke uit die koeroeklip - 'n Eie verhaal uit Namakwaland, het Gert Sarrisam lesers van oraloor bekoor. Sy nuutste bundel bied weer pure leesplesier - daar is vrystories en bakleistories, hartseerstories en lagstories, sowel as vertellings oor 'n klompie rare karakters uit die Namakwalandse omgewing.
Die bekende ware verhale sluit in dié van 'n tweejarige dogtertjie wat verkluim het in die Kamiesberge, die Nazi-gesinde Robey Leibbrandt se spioenasietog aan die Weskus, die tergende Bettie Smith-moordsaak, en die opspraakwekkende moorde deur Jan Pieriga op die plaas Olienpoort. Leer ken ook die vermaakpersoonlikhede Arno van Zyl en ant Grietjie van Garies, en herleef die kubuskoors wat Suid-Afrika in die 1980's getref het!
Vir die gelukkiges wat Gert Sarrisam se Vonke uit die koeroeklip al gelees en geniet het, is sy nuwe bundel 'n voortsetting van 'n unieke soort plesier. Gert Sarrisam het 'n sonderlinge talent. Meer nog as met sy eersteling, wil hy met hierdie vertellings bewaarwerk doen, die ou stemme laat voortleef. En hy doen dit soos net hy kan. Sy sterk, boertige trant vol humor - en stoutigheid waar dit so hoort - laat herleef beide geskiedenis en vertelwyse, historie en storie, toenterjare en toenterwoord van daardie harde wêreld van die wildesalie aan die Bitterrivier in die Garies-distrik in Namakwaland. - Abraham H. de Vries