Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Postage prices outside of South African borders will differ. Please enquire before purchasing.
Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, UNIVERSITEITSUITGEWERS, 1969, Hardeband met omslag in plastiek - Wetenskapfiksie vir Tieners - 91pp.
Vir die driemanskap Len, Hendrik en Nico begin die skoolvakansie soos alle ander. Hulle droom reeds van salige niksdoen en so n ietsie hengel, toe Nico plotseling agterkom dat alles nie pluis is naby hul kampeerplek nie. Die ander twee is eers bra skepties, maar kom spoedig tot ander insigte wanneer hulle tot hul groot verbasing op n geheimsinnige ruimteskip afkom!
Hiervandaan gaan dit doller as kop-af en beland die driemanskap ná n duiselingwekkende tog deur die ruimte op die misterieuse Metaalplaneet waar hulle n offer moet bring wat deur die inwoners aldaar as n eer bestempel word, maar vir Len, Hendrik en Nico gewisse dood beteken!