Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die natuur. Die akkurate identifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemise onkruiddoders en moet daarom akkuraat geidentifiseer word.
Hierdie boek, Gids tot Grasse van suider-Afrika, is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in: Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika; 'n Gebruikersvriendelike indentifikasiesleutel; Meer as 1 000 uitstekende kleurfoto's; Dertien kort en volledig geillustreerde inleidende hoofstukke oor grasse; Algemene grasname in verskeie inheemse tale; Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom.