In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ¬タᆭ en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans.Oor sᅢᄑ Afrikaans se hy: 'Afrikaans is 'n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ¬タᆭ As Ma geskel het, of jy bang was ¬タᆭ dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.¬タンDaarom nooi hy met hierdie boek lesers om 'n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.Simon Witbooi (bekend onder sy verhoognaam HemelBesem) is alombekend as kletsrymer, TV-aanbieder, rubriekskrywer en motiveringspreker. Nᅢᄀ sy arm grootwordjare in die suidelike voorstede van Kaapstad was hy nᅢᄀ matriek 'n tyd lank 'n pastoor op Worcester, voordat hy teruggekeer het Kaap toe om op sy hip-hoploopbaan te fokus. Hy is deesdae een van die bekendste hip-hopkunstenaars in die land, en ook 'n gereelde ankeraanbieder van die gewilde joernaalprogram Pasella op SABC2.Simon het 'n passie vir Afrikaans en hy is onder meer betrokke by die ATKV se projek Woorde Open Werelde (WOW), wat daarop gemik is om 'n liefde vir lees by skoolkinders te kweek. Hy is ook betrokke by die ATKV se jaarlikse Liedjieslypskool, wat daarop gemik is om nuwe Afrikaanse liedjieskryftalent te ontwikkel.Simon is met die hip-hopkunstenaar, YOMA, getroud, en hy is die trotse pa van twee dogters, Simile en Halo, uit ,n vorige verhouding en Engel, sy en YOMA se eersteling.
Title: God praat Afrikaans
Author: HemelBesem
Publisher: LAPA Uitgewers
Year: 2017
Number of pages: 222
ISBN: 9780799382761
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever