| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand : Goed.
Eerste druk, LAPA, 2017, Sagteband - Biografies - 222pp. ISBN 9780799382761.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hys soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hys John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem.
In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: Afrikaans is n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.
Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click ---> HERE <--- to see all the items PTO Books is selling.