Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Jy kan Christus nou deur geloof in gebed aanneem
(Gebed is 'n gesprek)
God ken jou hart en dit gaan vir Hom meer om die gesindheid van jou hart as om jou woorde. Jy kan soos volg bid:
"Here Jesus Christus, ek het U nodig. Dankie dat U vir my sondes gesterf het. Ek maak nou die deur van my lewe oop en neem u as my Verlosser en Here aan. Dankie dat U my sondes vergewe het en aan my die ewige lewe gee. Kom neem die plek op die troon van my lewe in en maak my die soort mens wat U wil hê ek moet wees."
Vertolk hierdie gebed die begeerte van jou hart?
Indien wel, bid dit dan op hierdie oomblik en Christus sal, soos Hy belowe het, in jou lewe inkom.