
Grensoorlog Vol. 1 (2-Disc DVD Set) - nuut
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie dokumentêre reeks is ‘n intense onthulling van ‘n geheime oorlog. In 26 episodes vertel dit die verhaal van een van Afrika se langste konflikte, wat van 1966 tot 1989 uitgespeel het in Noord-Namibië (toe Suidwes-Afrika), en Suid-Angola, die sogenaamde “Operasionele Gebied” of “Grens”. Vir die eerste keer ooit word beeldmateriaal en foto’s ongesensor aangebied, wat die ware verhaal van Suid-Afrika se bosoorlog kaalkop vertel.
Die reeks tref die kyker soms soos ‘n hou in die maag met ‘n intieme, dikwels skokkende, maar gebalanseerde kyk op ‘n sleuteltydperk in die geskiedenis van Afrika. GRENSOORLOG neem die kyker op ‘n reis wat begin in die bloedige November van 1975 met onafhanklikheid in Angola, en voortstu tot die epiese botsing tussen Kubaanse en Suid-Afrikaanse troepe by Cuito Cuanavale in 1988. Langs die pad word stemme gehoor wat te lank stilgemaak is: van gewone SAW- en Swapo-troepe tot generaals en politici aan albei kante, van Russiese tot Kubaanse tot Amerikaanse spelers. Die sprekers breek deur die stiltes en die sensuur en praat uit die hart uit. Alle taboes word uit die pad gevee. GRENSOORLOG lê ‘n bloedige magspel bloot, met al die ware lewensdrama wat daarmee saamgaan.
ALL MY ITEMS ARE ORIGINAL. Please also view my other listings: http://www.bidorbuy.co.za/seller/483910/Nhicho Please don’t order today if you needed it yesterday. Please place Christmas orders EARLY.