Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
“Ek het jou nog altyd beskou as een van die sterkste vroue wat ek ken.” Sandra kom sit oorkant Griet, haar uitdrukking openlik bewonderend. “Die miskrame, die baba, jou egskeiding … Jy is ‘n survivor, Griet. Jy’s soos die Kat in die liedjie. Jy kom altyd weer.”
Dié roman, tien jaar na die blitsverkoper Griet skryf 'n sprokie, beeld 'n ryper maar nog net so warmbloedige Griet. Sy is intens verlief (om die waarheid te sê, so gelukkig dat sy haar kreatiwiteit as skrywer verloor!), maar daar is grypvoëls wat (net soos in die mitologiese vertellings) die brose geluk bedreig. Haar geliefde, 'n Italiaanse wewenaar, se oorlede vrou spook steeds in sy gedagtes, sy negejarige dogter is openlik antagonisties, en Griet se liefdespel word bederf deur sintuiglike aandoenings: eers haar oog wat lelik toeswel, dan haar neus wat verstop raak en 'n hoë koors, daarna haar oor wat ontsteek, en later 'n treiterende verstandtand. Eroties, snaaks, toeganklik diepsinnig - kwaliteite wat van Marita 'n trefferskrywer gemaak het.