Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie goed
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon.
As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En s kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor. Terwyl sy die lang pad van genesing loop, bly sy halsstarrig glo in 'n wonder dat sy, soos Grietjie, aan die behekste donkerbos sal ontkom, en dat sy haar prins sal vind.
Griet skryf 'n sprokie is onteenseglik een van die bekendste n mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! Met sy skerpsinnige puntigheid, humor en gloeiende sensualiteit is dit 'n boek wat met sy verskyning in 1992 die erotiek in Afrikaans pgeskryf het.