Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Êrens in hierdie wonderlike en verskriklike wêreld van ons moet daar tog 'n plek wees waar drome waarheid word, waar die verlede sy vrindelike deure weer oopmaak en waar die lug altyd veldvars bly soos op 'n lente-oggend in die Kango na langverwagte reën. En natuurlik is daar so 'n plek, in elke kind, in elke nuwe mens se gelowige fantasie - en in elke kinderlike ontvanklike gemoed. Hierdie boek is dan vir almal wat jonk is van gees – kortom: vir kinders van alle ouderdomme, van agt tot agtentaggentag.