Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Goue oue eerste uitgawe van Tryna du Toit teen 'n goeie prys!
Meegevoer deur hul jong liefde gee Debbie en Paul hulleself oor aan hulle hartstog en verwoes so amper hul jong lewens. Paul is 'n rykmanskind en slim en het dit nog altyd maklik gehad. Debbie is skaars agttien. Hy sweer trou aan haar en beloof dat hy na haar sal terugkom wanneer hy klaar gestudeer het. Maar wanneer Debbie agterkom sy verwag, besluit sy om nie 'n meulsteen om Paul se nek te wees nie. Die verhaal is so gewild dat dit steeds herdruk word.
Eerste uitgawe in 1948 gepubliseer deur Voortrekkerpers, Johannesburg. Toestand: Goeie toestand vir ouderdom. Vlekkies hier en daar op binneblaaie. Voorste skarnier effens los. Band het merke en rug is sonverbleik.