Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
BESKRYWING | Hierdie langspeelplaat is uitgegee as 'n aandenking kort na die dood van Dr Verwoerd. Dit is uitgegee deur die Nasionale Jeugbond van Transvaal en is geproduseer deur Brigadiers (Edms) Bpk. Die langspeelplaat bevat drie toesprake van Dr Verwoerd wat hy gemaak het tydens 3 verskillende geleenthede naamlik:
By aanvaarding van sy Premierskap. By die Statebondskonferensie van 17 Maart 1961. By die Voortrekkermonument tydens die 5 jaar Republiekfeesvieringe van 1966. Daar is ook nog 'n ekstra langspeelplaat ingesluit by hierdie lot. Hierdie plaat is uitgegee deur die Transkripsidiens van die Suid - Afrikaanse Uitsaaikorporaie en handel ook oor Dr Verwoerd. Die titel daarvan is 'God Het Ons 'n Man Gegee' (sien die laaste twee afbeeldings onder). Dus word daar 2 langspeelplate saam verkoop in hierdie lot. |
TOESTAND | Beide die langspeelplate in hierdie lot is duidelik ekstensief gespeel en albei bevat heelwat slytasie en klein krapmerkies. Albei speel egter nog goed deur en die klank is nog redelik goed. |
EK HET BAIE INTERESSANTE ITEMS OP HIERDIE VEILINGS. 'CLICK' OP DIE LOGO ONDER INDIEN U HULLE WIL SIEN. |
AANSTUURKOSTE VAN HIERDIE ITEM R36 IN SUID AFRIKA PLUS 2% VAN ITEM SE WAARDE INDIEN U VERSEKERING VERLANG (VIR ANDER LANDE DIE SA POSKANTOOR SE PAKKETTARIEF + 20%) ITEMS VAN ELKE VEILING WORD GEKOMBINEER EN SAAM AANGESTUUR INDIEN MOONTLIK. AS KOPERS DIT VERSOEK KAN ITEMS OORGEHOU WORD TOT 'N VOLGENDE VEILING OM KOSTE TE BESPAAR. INDIEN MEER AS EEN ITEM GEKOOP WORD SAL DIE PRESIESE AANSTUURKOSTE AAN KOPERS VERSKAF WORD ONMIDDELIK NA DIE VEILING. |