Handelsryk in die Ooste: Die wereld vd VOC 1619-1688 Deel II - Karel Schoeman
1 was available / new
R340.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 6 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
2009 hardeband met stofjas en 351 bladsye nuut en ongelees.
Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee Europese vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde OostIndische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee Europese vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde OostIndische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste SuidAfrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intraAsiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopoliee in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry. 'n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOCkantore is die retoervlote gekoordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars 'n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.