Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie biografie is 'n poging om te verklaar wat van Hansie die man gemaak het wat hy was en om elkele bakens op 'n merkwaardige fisieke, emosionele en geestelike reis uit te lig. Hansie se onmiddellike familie- en vriendekring onderskryf die boek en hulle sienings en insig in sy lewe form die grondslag daarvan. Om seker te maak dat dit 'n gebalanseerde vertelling is, is onderhoude ook met sommige van sy mees uitgesproke kritici gevoer. Hansie was 'n mens wat buitengewone hoogtes bereik het, maar wat ook ernstige foute gemaak en soms teenstrydig opgetree het.
Wanneer 'n hoe boom val, word die slag ver gehoor - en juis dit maak Hansie se lewensverhaal so boeiend menslik. Sy grootste stryd was teen homself en daarom is sy verhaal van toepassing op alle mense. Dis 'n verhaal wat kan lei tot nadenke oor eie tekortkominge, die aard van sonde, en vergifnis.
Hansie Cronje - 'n naam wat wereldwyd onmiddellik herken word en iemand wie se heldestatus gelyk is aan die van Suid-Afrika se grootstes.