R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Hard soos Kameeldoringhout - Dora Bolz - Protea - 2006 - Sagteband: ongelees.
Die klein dorpie Aus aan die rand van die Namib, die oudste woestyn in die wereld, het 'n besonder romantiese geskiedenis. Wanneer die 85-jarige Dora Bolz terugkyk, tref dit haar hoe ingrypend dinge op alle vlakke verander het. In Hard soos kameeldoringhout vertel sy van die opwindende dinge wat sy self beleef het en die vroee geskiedenis soos sy dit uit navorsing in argiewe gerekonstrueer het. Amptelik is Aus in 1906 gestig en het dus in 2006 'n honderd jaar oud geword. Maar selfs voor sy amptelike stigting het Aus roemryke tye beleef. Deur die jare het verskeie pioniers se paaie deur Aus geloop - die beroemde handelaar Adolf Luderitz uit Bremen, die sendelinge Heinrich Schmelen en Heinrich Kreft en die Schutztruppe Ernst Raabe, Adam Bolz en Franz Izko. Die skrywer vertel ook van die onkreukbare Georg Klinghardt en die ontdekking van fabelagtige diamantrykdomme in die Sperrgebiet, die vestiging van die trekboere, die vroee dae van transportry en botsings met Namas onder Dawid Christian en Hendrik Witbooi. Gedurende die Eerste Wereldoorlog beleef Aus selfs veldslae en lugaanvalle en 'n groot krygsgevangenekamp word hier aangele. Na die oorlog word Deutsch-Sudwestafrika omskep in die mandaatgebied Suidwes-Afrika. Tydens die Tweede Wereldoorlog word byna die hele manlike bevolking van Aus geinterneer en Dora Bolz eindig haar vertelling met die uitwerking wat die gebeure op die dorpie het.