Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie boek lyk vir my nog splinter-nuut en ongelees. >>> Magistraat Abraham van der Ligt kom na die plaas Toorberg om ondersoek in te stel na die dood van die kind Noag (Druppeltjie) du Pisani, wat in n boorgat geval en gesterf het. Reeds n paar jaar vroeër was daar n geregtelike ondersoek, en is daar bevind dat dit n ongeluk was en dat niemand skuld het aan sy dood nie. Van der Ligt moet nou vasstel of hierdie bevinding korrek was. - Tydens sy besoek kom die magistraat agter hoe nóú verbonde die hede en die verlede is; dat hy nie die hede kan begryp sonder om die verlede in ag te neem nie. Op die misterieuse plaas Toorberg is die gestorwenes nie dood nie, maar leef hulle voort en tree hulle op as getuies voor die magistraat. Met behulp van die getuienis wat hy inwin, slaag Van der Ligt geleidelik daarin om die geskiedenis van die Moolmans bloot te lê.