R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Heidi is ‘n wesie wat by haar oupa gaan woon wanneer haar tante na die stad verhuis. Oupa bly alleen in ‘n berghut teen die hange van die Alpe en almal hou asem op oor hoe die knorrige ou man die dogtertjie gaan versorg. ‘n Hegte band ontstaan egter tussen Heidi, Oupa, Peter, Snoekie en Heidi se geliefde berge.
Wanneer Heidi oud genoeg is om skool toe te gaan, keer haar tante terug en neem haar na Frankfurt waar sy by ‘n verlamde dogtertjie, Klara, gaan woon.
Heidi en Klara word gou maats maar sy sukkel om met Juffrou Rottenmeier oor die weg te kom. Heidi mis ook haar geliefde berge, Oupa, Peter en die bokke. Uiteindelik besef almal in Frankfurt dat Heidi te veel verlang en sy keer terug na haar oupa. Klara belowe om daar vir haar te kom kuier.
Uiteindelik breek die blye dag aan. Klara geniet die besoek maar Juffrou Rottenmeier leef swaar in die berge. Wanneer Klara se pa ook kom kuier gebeur daar ‘n wonderwerk en die storie eindig op ‘n vreugdevolle hoogtepunt...