| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Afrikaanse chick-lit op sy beste! Mieke le Roux se uitgewery is in die knyp. Met net 'n handvol skrywers kan sy nie bekostig om een aan Vollenhoven en Verwey af te staan nie. En dan is daar ook nog 'n pers fluweelbank, Katolieke priester en Markus, die mooi prokureur wat druk op haar plaas om hulle verhouding bed toe te vat. Gelukkig dra haar vriende margarita's en indrukwekkende sakeboeke aan. En wanneer dinge regtig donker lyk, bel Mieke haar vriend, Billy. En dan prop sy laatnag haar iPod se oorfone in, trek haar gypsyromp aan en dans. ". . . 'n lekkerlees-boek met heerlike, snipperige taalgebruik. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir 'n Vrydagaand in die bad, voete op die krane en 'n glas wyn in die linkerhand." Ronel Nel, Beeld (2009)