| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
In die eerste afdeling kom die mens se saambestaan met ander lewendes ter sprake en word etiese vraagstukke soos uitwissing en uitroeiing bespreek. Ook die ou vraag van oorerwing of opvoeding word uit verskillende hoeke belig. Holm vertel meesleurend van vreemde dierlike verskynsels, soos sommige voëls se spoggerige sterte, maar wys dan op heel vermaaklike wyse daarop dat dié verskynsels ook menslike ekwivalente het! Hy spot ligweg met "groen"sentimente en wanopvattings oor volhoubaarheid, hersiklering en allerhande menslike vrese, maar wys ook op die noodsaak om vermorsing te bekamp. Die laaste afdelings handel oor politieke, ekonomiese en kulturele verskynsels.
TITLE: HOMO SAPIENS EN ANDER DIERE
AUTHOR: HOLM,E
SKU: 9780620775816
PUBLISHER: Imprimatur
DATE PUBLISHED: Januarie 2018
BINDING: Paperback
CONDITION: New