Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Horrelpoot is die verhaal van Marlouw en sy lewensveranderende reis. Op ’n reënerige nag in Australië ontvang hy ’n oproep van sy suster met die versoek om haar seun te gaan haal ‘uit daardie donderse land.’ | |
Marlouw het twee gebreke: sy mank voet en sy verstokte gees. Hy glo egter dat dit sy lot is om dié opdrag uit te voer en – op die spore van Marlow in Joseph Conrad se Heart of Darkness – vertrek hy na Afrika. Meer spesifiek, Suid-Afrika: ’n land wat ná ’n ontploffing in puin lê en ineenstort onder die geweld van strydende faksies. |