Houd-Den-Bek
About This Book
Condition & Size
Houd-den-bek
Andre P. Brink
Medium Paperback
'n Belangrike roman oor die slawetydperk.In 1825 vind die enigste slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis plaas, die sg "Bokkeveldse Opstand", ontketen deur 'n droom van vryheid wat nie bewaarheid word nie. As kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel; nou is hulle baas en slaaf. Tussen hulle staan die vurige, wederstrewige Hester.Die roman is 'n "koor van stemme", maar die hooffiguur is die slaaf Galant wat die menigte stemme bind. Ma-Roos sê: "So praat ons, so praat ons, 'n ry stemme in 'n ketting, almal saam en almal apart, almal anders en almal dieselfde, en die skakels mag lieg maar die ketting is waar. En die naam van die ketting is Houd-den-Bek."In die stemme van die dertig verskillende vertellers, deur vier dele, waarin die elemente van aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei 'n persoonlike opstand uit tot 'n universeel menslike stryd teen onreg op so 'n aangrypende wyse dat Artur Lundkvist van die Sweedse Akademie dit by die boek se verskyning bestempel het as "miskien die grootste voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is".
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.