This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by BooksAgain4144

Similar products

Huis van die Wind
Sold

Huis van die Wind

Secondhand 1 was available
R90.00
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 5 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Product code
21793
Bob Shop ID
657812659

Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak. Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk – die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. 'n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en 'n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik die Seevaarder. Wie is hy? Isabella D'Oliveira se weggooikind wat tussen kratte tamaties en streepsakke mieliemeel grootgeword het. En sy's boonop 'n ander man se vrou. Al wat moet gebeur, is dat sy onnosel hart moet aanvaar wat sy kop lankal weet: dat Rosalie Harrington-Jones net so pragtig en koud en onbereikbaar is as die bliksemse Aandster en dat sy is waar sy veronderstel is om te wees: aan die sy van 'n Engelsman met 'n lang bolip en 'n Jaguar. Laat hy wat Juan-Carlos is liewer sy emosionele energie reserveer vir die gesin wat wel aan hom toevertrou is."

Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar as die Drakensberg se donkerblou klowe: sy is Boere-adel, een van die stoere Jordaans; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Henriëtte Jordaan se onversetlike vooroordeel teenoor KwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou.

Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D'Oliveira op KwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap – en veral Henriëtte Jordaan – al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis 'n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat. Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op KwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is 'n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen.

Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?