Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hardeband. Human & Rousseau Eerste druk 2010. ISBN:9780798151245. 224pp. SPLINTERNUWE BOEK!
Huisgenoot se nuwe bakboek is dié bakboek van alle bakboeke – prakties, bruikbaar en met pragtige foto’s.
Dit bevat meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels. Elke resep is spesiaal gekies en getoets, en vorm deel van ’n spektrum wat strek van tradisioneel tot nuut en innoverend.
Daar is iets vir elke geleentheid: koeke, terte, skons, muffins, koekies, kolwyntjies, beskuit en selfs pannekoek. Koeke wat gebak word in die mikrogolfoond, koeke met lae GI-waarde, en internasionale gunstelinge soos panforte, stollen, bienenstich en frangipane.
Kies appel-en-kaneelmuffins om die dag te begin, ’n vye-en-pekanneutringkoek vir iets by die koffie of polenta-jogurtkoek vir ’n gesonder opsie, en vrugteneutblokkies vir die kosblik.