Hierdie Huisgenoot kookboek spog met die lekkerste en beste wenresepte vir tusseninhappies en ligte etes en bied sommer hope inspirasie vir raadop ma's. Om te verseker dat elke lesersgunsteling wérk, is elkeen deeglik beproef deur Carmen Niehaus en haar toets kombuisspan.
In Brood, Beskuit en Muffins sal jy resepte kry vir:
Konfyt, smere en vulsels. Grootmaatresepte en bêremengsels. Brood, roosterkoek, skons, beskuit en konfyt om in die mikrogolfoond te maak. Karringmelkbeskuit, growwebeskuit, besigehuisvrou beskuit selfs maklike mosbolletjies wat nes Ouma s'n smaak. Outydse smulgoed soos vetkoek, plaatkoekies en poffertjies . Pizzas ook om in 'n pan bo op die stoof te maak. Allerlei muffins, soet en sout. Skons in vele gedaantes. Oop broodjies, toebroodjies, braaibroodjies en piekniekbrode. Japtrap brode, brode wat nie geknie hoef te word nie. Spoggerige brode vir spesiale etes asook teebrode vir die soettand.
Oordpronklike fotos vertoon. Fotos vorm deel van die beskrywing.
Betaling binne 24 uur. Geen terug betalings nie.