Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Die Mag teen Verdrukking is dawerend op pad na die vier moorde wat in die Skrif voorspel word.
Die leier van die Enigma Babilon Eenwereldgeloof en die twee getuies by die Klaagmuur verkeer al meer in gevaar soos die "regte tyd" nader kom. Daar word voorspel dat die Antichris noodlottig gewond gaan word.
Terwyl 'n bonatuurlike horde demoniese perderuiters 'n derde van die oorblywende aardbewoners afmaai, berei die Mag teen Verdrukking hulle voor om voortaan as vlugtelinge te leef. Nog 'n lid van die Mag sterf, en ander sluit by die groep aan as krisisse gelowiges saamsnoer.
Rayford en die jongste lid van die mag word deur die WG-sekuriteitswagte in Amerika aangeval.
David volhard steeds met sy gevaarlike taak om die WG-hoofkwartier in Nieu-Babilon dop te hou.
Mac en sy vlieenier word aan boord van die Condor 216 in Afrika aangeval.
Hattie word in Belgie opgesluit.
Rayford loop reg in 'n lokval in Frankryk, ontkom net-net aan 'n skietery en WG-aanvalsvliegtuie in Al Basrah, en beplan sy eie betrokkenheid by die sluipmoord van die Antichris, 'n "voorreg" waarom talle meeding.
Geskiedenis en profesie loop hand aan hand in Jerusalem in die middel van die Verdrukking vir die aanskoulikste tafereel nog in die voortgesette drama van hulle wat agterbly.