Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die boek beslaan oor die 1200 bladsye en bevat fassinerende inligting. Naas inligting oor die verskillende tipes boerdery is daar ook so 200 of wat bladsye wat o.a. inligting gee oor die maak van kaas, die maak van, die brei van rieme, hoe mens 'n koelkamer bou (die een met die houtskool tussen twee lae) en nog vele ander interessante onderwerpe. Daar is bv. 'n resep hoe om jou eie meubelpolitoer te maak, inligting oor die uithaal van vlekke en die droogskoonmaak van klere. Die doel van die boek was duidelik ook om die armblankes te help ophef - daar is bv. tot resepte in van gesonde disse. O.a ook "hoe om goeie brood te bak".
Die Boek is ge-OCR wat beteken dat die boek geskandeer is en toe deur 'n program gestuur is wat die skanderings verwerk na teks toe. Die program, die beste van sy soort, maak egter soms foute wat beteken dat die boek geproeflees moet word om te verseker dat die boek 100% soekbaar is. Die boek is nie geproeflees nie, vandaar die goedkoop prys. Die foute wat per bladsy gemaak word is tussen 5 en maksimum 10. Fotos en byskrifte word nie geproelees nie. Die boek is in PDF formaat.
Paar skanderings van die boek:
Die prys van die boek sluit slegs een kopie in. Die kopiering van die CD is nie toelaatbaar nie.