Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Delivery time : 5 working days
Condition : Good
Hierdie motto lui 'n heerlike "verhaal" in wat algaande deur die leser uitgepluis kan word. Met groot vaardigheid en emosionele trefkrag onwikkel Danie Marais twee motiewe in In die buitenste ruimte - ontheemding in die buiteland, maar ook 'n mislukte liefdesverhouding wat gaandeweg 'n ewe bevreemdende ruimte as die vreemde land met die vreemde taal word waarin hy hom bevind. Die digterstem behoort aan 'n Afrikaner wat wens dat hy soos Hansie en Grietjie in die maanskyn op 'n uitgestippelde pad kan aanloop "huis toe". Na 'n jare lange verblyf voel hy steeds soos 'n "toeris en toeskouer" in sy aanneemland. Nostalgie en verlange neem toenemend van hom besit, sodat sy reise en ervarings in Duitsland, Spanje en Griekeland in die skadu staan van herinnerings aan 'n boomhuis in Milnerton of Menlopark se vyfde rugbyspan. Ten slotte kom die besef: "Ek kan nie hier bly nie".
Title | In Die Buitenste Ruimte |
Author | Danie Marais |
Publisher | Tafelberg, 2006, 1ste druk |
ISBN | 0624044580, 9780624044581 |
Length | 101 pages |
Subjects | Afrikaans poetry |